Tuesday 25 October 2016

WOLKEPOEDING




Petro se WOLKEPOEDING
1 pak Marie beskuitjies
Fyn aapelkooskonfyt...
4 eiers , geskei
750 ml melk
50 ml wit suiker

Knypie sout
Geroosterde klapper ( opsioneel ) ek het n koekie oor gekrummel
Breek die beskuitjies in stukke . Plaas n derde in n groterige hittevaste glasbak . Stip die beskuitjies met klontjies konfyt . Herhaal die lae nog twee keer .
Klits die eierwitte tot styf . Skep lepelvol daarvan op die beskuitjie en konfytlae dat dit wolkerig lyk - moenie dit platsmeer nie !
Verhit die melk tot kookpunt . Klits in tussen die eiergele , suiker en sout baie goed saam tot lig en dik . Haal die kokende melk van die stoof af . Skep n hele paar lepels kookmelk op die eiergeelmengsel en roer goed . Giet die eiermengsel by die kookmelk in die kastrol , plaas dit terug op die stoof en roer met n houtlepel oor matige hitte todat die vla aan die lepel begin pak - die vla mag onder geen omstandighede kook nie , want dan skif dit !
Skep dadelik lepelsvol warm vla oor die eierwitte . Laat die poeding n uur of twee staan .