Thursday 27 October 2016

Vrugtebrosbrood





Vrugtebrosbrood
250gr botter
150gr (175ml) strooisuiker
5ml vanillageursel
325gr (625ml) koekmeelblom
125gr pitlose rosyne, neute of choc chips

Verroom die botter en strooisuiker. Voeg die vanillageursel by en meng. Voeg die meel by en meng deeglik.  Voeg die rosyntjies by en meng deeglik.
Verdeel die deeg in twee en rol elke stuk in ‘n wors met ‘n deursnee van 5cm.  Bedek dit met was papier, gladwrap en verkoel ‘n uur of 2 in yskas.  Sny die worse in 1cm dik skyfies. Plaas dit ‘n entjie uit mekaar op liggies gesmeerde bakplate.
Bak dit 15 to 20 minute teen 160C

Wenk:  Maak die worsies vierkantig soos eetsum more koekies