Tuesday 11 October 2016

ROEREIER MUFFINS




ROEREIER MUFFINS

1 pak blaardeeg (Puff pastry) (druk met glas ringe uit amper so groot soos jou muffin pannetjie
Spuit jou muffinpanne goed met spray en cook
Plaas in elke muffinpan ‘n sirkel blaardeeg en druk effe vas onder en teen die kante – Sit die pannetjie in die yskas sodat die deeg stewig bly en nie pap raak nie...

Maak nou al jou ander goed gaar:
Roereiers (jou eiers moet nog klam/nat wees. Met die bakproses raak dit verder gaar.
Stukkies spek (gebraai – of sommer vinnig gaar gemaak in die mikrogolfoond)
Gerasperde kaas

Skep muffinpannetjies 3/4 vol met roereier
Strooi spek en dan die kaas bo-oor
Oond 180C
Bak in oond vir ongeveer 15/20min tot die blaardeeg mooi bruin en opgepof is aan die kante.

Bedien dadelik