Wednesday 12 October 2016

Outydse soet-suur mosterd




Outydse soet-suur mosterd
Al wat jy nodig het is…
2 ekstragroot vars eiers (gebruik ‘free range’)
5t mosterdpoeier
2½E witsuiker
2½E bruinsuiker
ekstragroot knip sout
¼k koue water
5E gewone witasyn
Klits die eiers, mosterdpoeier en suiker saam tot lig en romerig. Voeg die water, sout en asyn by. Plaas in ’n mengbak wat netjies op ’n pot kookwater pas sonder om aan die water te raak. Kook terwyl jy deurentyd klits tot die mosterd dik is. Verwyder van die hitte en plaas ’n stukkie kleefplastiek direk op die mosterd. Laat afkoel tot kamertemperatuur, skep in ’n bakkie of flessie met ’n deksel en plaas in die yskas tot jy die mosterd gebruik. Hierdie mosterd sal vir ’n week in jou yskas hou.