Wednesday 12 October 2016

MALVAPOEDING-DOUGHNUTS



MALVAPOEDING-DOUGHNUTS

Jy kan doughnut-pannetjies deesdae oral in winkels kry. Ek bak malvapoeding graag in die pannetjies. Sit voor saam met roomys of winkel-vla.

genoeg vir 12...

• 15ml botter
• 100g (125ml) suiker
• 1 eier, geklits
• 180g (320ml) koekmeel, gesif
• 5ml fyn appelkooskonfyt
• 15ml bruin asyn

Sous
• 125ml ingedampte melk
• 125ml warm water
• 200g (250ml) suiker
• 15ml botter
• 2,5ml vanieljegeursel

Verhit oond tot 180 ◦C. Spuit doughnut-pannetjie met kleefwerende kosproei. Room botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg geklitste eier by en vou gesifte meel in. Meng koeksoda met melk en voeg saam met res van bestanddele by die meelmengsel.
Skep beslag in ń groot spuitsak en spuit in pannetjies. Plaas in oond en bak sowat 10 -12 minute. Druk ń dun toetspennetjie in een van die malvapoedings om seker te maak dis gaar - die pennetjie moet skoon uitkom.
Maak die sous terwyl die malvapoedings in die oond is. Gooi ingedampte melk, warm water en suiker in ń kastrol. Bring tot kookpunt terwyl jy dit roer - die suiker moet gesmelt wees voor die mengsel kook. Voeg botter en geursel by en roer tot botter smelt.
Haal poedings uit oond en gooi sous bietjiesgewys oor warm poedings tot alles op is. Sit voor saam met roomys van jou keuse.
deur Barbara Joubert