Tuesday 4 October 2016

Ontbyt beskuit



Ontbyt beskuit
Al wat jy nodig het is…
8 koppies bruismeel...
6 koppies All Bran
6 koppies hawermout (‘rolled oats’ kry dit in jou supermark se gesondheidskos afdeling)
2 koppies bruinsuiker
2½t sout

1 koppie sultanas
1 koppie gedroogde bosbessies (cranberries)
1 koppie sonneblomsaad
1 koppie droë klapper
2 groot eiers
2 x 500g kartonne karringmelk
360g botter of bakmargarien soos Stork, gesmelt (ek wys dit in gram want dis veel makliker as om die lot in ‘n koppie te probeer stop!)
Kombineer al die droë bestanddele in ’n groot mengbak. Klits die eiers en karringmelk saam en voeg by die droë bestanddele. Voeg die gesmelte botter by en meng goed deur. In die stadium werk hande beste! Verdeel deeg tussen twee groot gesmeerde broodpanne en bak teen 170 grade Celsius tot deurgebak. Toets hom soos ’n koek, steek ’n klein skerp messie of sosatiestokkie in. As hy skoon uitkom, is hy reg. Laat afkoel en sny dan in dik skywe. Sny elke skyf in drie tot vier stukke beskuit. Pak in ’n enkellaag op bakplate en droog uit in 80-90 grade Celsius oond. Dit vat ’n hele paar ure. Bewaar in lugdigte houers.