Tuesday 18 October 2016

Maklike nagereg met 3 bestandele Yskaskoek




Maklike nagereg met 3 bestandele Yskaskoek
Bestandele:
3 Pakkies Instant pudding (aangemaak soos aangedui op pakkie)
1 na 2 pakkies tennisbeskuitjies, cream crackers of vingerkoekies
250ml room, styfgeklop

Metode:
Pak beskuitjies onder in bak, smeer 1ste laag poeding, pak weer beskuitjies, smeer 2de laag poeding, gaan so aan tot beskuitjies en poeding klaar is.

Voor Bediening:
Smeer styfgeklopte room bo-oor.  Strooi oor sjokolade stukkies, kersies, neuter, geroosterde klaper, sjokolade sous, enige kombinasie waarvan jy hou.

Wenk:
Gebruik 3 verskillende soorte instant pudding
Gooi 'n bietjie old brown sherry oor die koekies