Tuesday 11 October 2016

Eier-ontbytblokkies




Eier-ontbytblokkies
Jy benodig (vir 8 mense)

• 8 eiers
• sout en gemaalde peper na smaak...
• 125 g cheddarkaas, in 1 cm-blokkies gesny
• 1 ui, fyngekap en gebraai
• 1 pakkie (250 g) sampioene, gekap en gebraai
• 1 pakkie (250 g) baba-tamaties
• 1 pakkie (250 g) spekrepies, in blokkies gesny en bros gebraai
• 1 koppie bevrore ertjies
• ’n hand vol vars pietersielie, gekap (of 1 eetlepel droë pietersielie)

Só maak jy

1. Gooi die eiers in ’n middelslag-mengbak, klits dit liggies en geur dit met sout en peper na smaak.
2. Voer ’n diep pan met bakpapier uit. Sit die kaas, ui, sampioen, tamatie, spek, ertjies en pietersielie in die pan, en giet dan die eiermengsel bo-oor.
3. Bak dit vir 40 minute in ’n oond van 180 ºC, of tot ’n tandestokkie skoon uitkom as jy dit in die middel indruk. Laat die eier vir 10 minute in die pan afkoel en keer dit dan uit. Sny dit in blokkies en pak dit in ’n reghoekige bak vir die pad.