Tuesday 11 October 2016

DADEL-VRUGTE-EN-NEUTE-BALLETJIES




DADEL-VRUGTE-EN-NEUTE-BALLETJIES
24 happies

250 g (½ pak) botter
90 ml (6 e) gouestroop...
5 00 g (2 x 250 g-pakkies) dadels, fyngekap
5 droë appelkose, gekap
knypie sout
knypie fyn kaneel
1 ekstragroot eier, geklits
3 75 ml (1½ k) pofrys (Rice Krispies)
250 ml (1 k) muesli
60 ml (4 e) sultanas
60 ml (4 e) pekanneute, grofgekap

OM IN TE ROL
375 ml fyn klapper
100 g (1 plak) bruinsjokolade, gesmelt

1 Smelt botter en gouestroop oor lae hitte en voeg dadels en appelkose daarby. Laat vir drie minute prut terwyl stadig geroer word.
2 Roer sout en kaneel by tot gemeng. Verwyder van stoofplaat.
3 Roer geklitste eier vinnig by tot gemeng.
4 Roer pofrys, muesli, sultanas en pekanneute by tot gemeng. Roer by dadelmengsel.
5 Skep teelepels van dadelmengsel en rol in balletjies.
6 Om in te rol Plaas klapper in vlak bakkie en rol dadelballetjies daarin.
7 Drup sjokolade op elke dadelballetjie.
8 Plaas oornag in yskas.