Thursday 13 October 2016

Dubbele kaas en biltong muffins



Dubbele kaas en biltong muffins
1.5 K Koekmeel
1 T bakpoeier
0.5 T Sout
1 K melk...
1 eier
0.25 K Olie (kwart koppie)

2 K Gerasperde Cheddar Kaas
½ wieletjie feta kaas (grof gekrummel)
1 T Paprika
2 E fyngemaakte biltong (Opsioneel)
1 E sesame saadjies (opsioneel)

1. Skakel die oond aan op 180°C & Smeer/spuit muffin pannetjies
2. Klits die eier en melk saam, voeg die olie by.
3. Meng al die ander bestandele saam met die eiermengsel, behalwe die sesame saadjies
4. Die mengsel kan nog klomperig wees.
5. Skep in die muffin pannetjies en sprinkel met sesame saadjies.
6. Bak vir 20 – 25 minute (afhangend van hoe groot jou pannetjies is, maar 20 minute is meer as genoeg vir die grootte in die foto)
7. Indien dit vir so 5 – 7minute afkoel, is dit nog warm maar ook makliker om te verwyder uit die pannetjie!
8. Bedien nog warm en vars, met botter/margarine en miskien ‘n bietjie konfyt!