Friday 2 September 2016

SUIDWES-BRAAISOUS




SUIDWES-BRAAISOUS

BESTANDDELE:
375 ml fyn gekapte uie
50 ml botter of margarien...
125 ml tamatiesous
60 ml water
25 ml bruinsuiker
25 ml suurlemoensap
15 ml asyn
15 ml worcestersous
10 ml braaivleisspeserye

METODE:
Braai die uie liggies in die botter of margarien.
Voeg die res van die bestanddele by en verhit tot kookpunt.
Verminder hitte en laat die sous sowat 15 minute stadig prut.
Baie lekker op pap saam met braaivleis.