Tuesday 27 September 2016

Sjokoldae brandewynbolletjies



Sjokoldae brandewynbolletjies

125 g Botter
250 ml Versiersuiker, gesif
1 Eier
500 g Mariebeskuitjies, fyn gekrummel

150 ml Brandewyn
200 g Donkersjokolade, gesmelt
Fyn gekapte neute

Verroom botter en versiersuiker, voeg die eier by en klits goed. Meng die beskuitjies en brandewyn by. Rol in klein bolletjies, pak op 'n bakplaat of skinkbord wat met waspapier uitgevoer is en verkoel tot ferm. Doop die bolletjies in gesmelte sjokolade en rol daarna in fyn neute. Plaas op waspapier tot hard en druk in peusel stokkie.