Tuesday 27 September 2016

Koekie Resepte



14 Koekie Resepte

1. Een twee drie koekies:
750g self raising flour ...
250g strooi suiker
500g margarine


Meng tot gladde deeg, maak bolletjies, druk plat, en bak vir 15 min of tot goud bruin 180 grade.

2. Maklike Koekies:
1kg koekmeel
500g versiersuiker
1kg botter.
Rol uit en maak vormpies en bak vir 10 min op 180.

3. Grondboontjiebotterkoekies:
1 koppie grondboontjiebotter (glad of grof)
1 koppie witsuiker
1 eier, geklits
Ja dis al.
Al wat toe nodig is is om die koekiedeeg in bolletjies te skep (ek het sommer ’n spanspekbolletjie-skepper gebruik) en in 24 bolletjies te rol, op ‘n kleefvrye-sprei-gespuite bakplaat te pak en liggies met ‘n vurk plat te druk.
Voorverhitte oond op 180°C
Bak vir 10 minute
Die koekies voel sag as as dit uit die oond uit kom, so laat dit ‘n rukkie staan en verwyder dan baie versigtig met ‘n platlemmes (die koekies is baie bros.)

4. Vlakoekies:
175g meel
50g vlapoeier
50g versiersuiker
1/2 tl sout
150g sagte margarien
2ml vanilla essence
Oond op 180 grade.
Alle droog in bak, meng goed (of saam in food processor).
Vryf margarien in vanilla in met vingers tot deeg (of meng in processor).
Bak 15min.

5. KLAPPER KOEKIES:
250gr botter
250ml suiker
2 eiers
860 ml bruismeel
250ml droe klapper
1 ml sout
Metode
Room botter en suiker, voeg eiers een vir een by en meng goed na elke byvoeging. Voeg klapper by. Meng meel en sout en voeg by bottermengsel. Meng goed
Deel mengsel in 2 – rol in 2 worse van so 5 cm in deersnee. Maak toe met gladwrap en plaas in yskas vir tenminste ‘n uur.
Sny deegrol in snye van so 1 cm dikte (5mm) en bak op gesmeerde bakplaat vir 15 min by 190 grade C.

6. OUTYDSE SPESERYKOEKIES:
425g koekmeel
3ml sout
3ml koeksoda
5ml fyn kaneel
3ml fyn naeltjies
200g karamelbruinsuiker
125g botter
1 eier (geklits)
90ml sjerrie of port
5ml lemoenskil, gerasper
amandelsplinters vir versiering
Sif meel, sout, koeksoda, kaneel, naeltjies en suiker saam. Vryf botter in. Voeg eier, sjerrie en skil by. Bedek deeg en laat ongeveer 1 uur lank staan. Rol deeg uit tot 3mm-dikte. Druk ronde koekies uit,druk ‘n stukkie amandel in die middel van elke koekie vas. Plaas op ‘n gesmeerde bakplaat. Bak ongeveer 15 minute lank in voorverhitte oond by 200C.

7. KONDENSMELK SOETKOEKIES:
12 kop meel
4 eiers
1 pakkie cream of tartar
1 pakkie koeksoda
1tl stroop
730gr botter
1 blik kondensmelk
3 kop suiker
Metode
Room suiker, botter en kondensmelk. Voeg droe bestandele by behalwe koeksoda - meng koeksoda met kwart kop melk en voeg by - as jy sien die deeg is te slap voeg nog 1 kop meel by - Rol uit en druk vormpies. Bak in oond by 180 grade tot gaar.

8. KLAPPER MAKROLLETJIES: (Soentjie koekies)
1 blik kondensmelk
5 ml vanilje
500 ml klapper
meng alles - skep klontjies op bakplaat - bak vir 10 min - haal uit en laat afkoel. Ek deel my beslag in 2 – een helfte maak ek gewoonweg, en by die ander helfte gooi ek so ‘n teelelpel of 2 kakao.

9. OATS KOEKIES:
2 k meel
4 k oats
2 k klapper
2 k suiker
250 g margarien
3 t stroop
2 t koeksoda
Smelt botter & stroop (moenie kook nie net smelt).
Voeg koeksoda by. Meng die droë bestanddele saam.
Gooi stroop by droë bestanddele.
Gooi in 'n oondpan en druk vas.
Bak vir ± 10 - 15 min teen 180° C. Haal uit en sny dadelik.

10. WIELIE WALIE KOEKIES:
1 kop meel
1/4 kop vlapoeier
1/2 kop botter
1/4 kop versiersuiker
Meng alles - vorm koekies en bak by 200grade tot gaar.

11. OUTYDSE SOETKOEKIES:
Bestanddele:
250g botter
6 x 250ml koekmeel
625ml suiker
Knypie sout
15ml koeksoda
20ml kremetart
3 eiers
250ml melk.
Metode:
Vryf botter in meel. Voeg suiker, sout, koeksoda en kremetart by. Klits eiers en melk en voeg by. Rol uit en druk koekies. Pak op gesmeer bakplaat. Bak 15min by 180.

12. Sjokoladesplinter-Koekies:
Ons almal ken hierdie een as ’n chocolate chip cookie
(sowat 20 koekies)
125 g (135 ml) botter
100 g (125 ml) suiker
100 g (125 ml) bruinsuiker
2 ml vanieljegeursel
1 eier, effens geklits
184 g (330 ml) bruismeel
1 ml sout
125 g sjokoladesplinters
60 g okkerneute, grofgekap
Verhit jou oond tot 180 ºC. Room die botter en albei suikers met jou elektriese menger saam tot lig en romerig. Gooi die vanieljegeursel by en meng. Voeg die geklitste eier geleidelik by en klits goed ná elke byvoeging. Sif die bruismeel en sout saam. Voeg dit by die suikermengsel. Voeg die sjokolade-splinters en okkerneute by en meng goed. Skep teelepelsvol van die mengsel en vorm in balletjies. Plaas balletjies op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer en goed gesmeer is, sowat 5 cm van mekaar. Bak vir 15 – 20 minute.

13,Milo-koekies
Jy benodig [Vir ± 180 koekies]
1½ koppie witsuiker
1½ koppie bruinsuiker
3 eiers
375 g margarien of botter
3¾ koppie bruismeel
1½ koppie Milo
1½ koppie sjokoladesplinters
(“choc chips”)
1 teelepel vanieljegeursel
1 Klits die wit- en bruinsuiker saam met die eiers.
2 Voeg die margarien of botter by en meng dit goed.
3 Voeg nou die bruismeel, Milo en sjokoladesplinters by en meng
dit goed.
Gooi die vanieljegeursel by en roer die deeg totdat dit goed deurgemeng en sag is. Laat dit vir 10 minute staan.
4 Skep baie klein skeppies van die deegbeslag op ’n gesmeerde, gevoerde bakplaat (dié koekies bak plat) en bak dit vir 10-15 minute in ’n oond van 180ºC.
Laat die koekies vir 15 minute staan voordat jy dit van die plaat af skep en in blikke pak.
Wenk: Bros buite, klam en amper toffierig – én Milo-rig! – binne. Beter kan jy nie in jou koffie doop nie. Maklik en heerlik.

14,Outydse Koffiekoekies
Bestanddele:
2 kg koekmeelblom
7 ml sout
625ml geelsuiker
750 g botter
110 ml skoon varkvet (Gebruik botter of margarien)
400 ml stroop
25 ml koeksoda
250 ml baie sterk swart koffie
15ml vanieljegeursel
1. Meng meel, sout, suiker in groot skottel.
2. Frummel botter en vet daarin.
3. Voeg die stroop by en meng.
4. Maak die koeksoda met 'n bietjie van die koffie aan en voeg dit saam met die res van die koffie en die geursel
by die meelmengsel.
5. Meng alles goed om 'n deeg te vorm.
Plaas deeg in plastieksak en laat oornag staan.
Rol deeg die volgende dag dun uit.
Sny ewe lange langwerpige koekies.
Trek kruis en dwars patrone oor deeg met 'n vurk
Bak dit 10-12 min
Vulsel
30 ml kitskoffie poeier
25 ml kookwater
250 ml witsuiker
100 ml botter/margarine
70 ml melk
1. Maak koffiepoeier met die kookwater aan.
2. Voeg die suiker,smeer en melk by.
3. Verhit dit tot kookpunt en kook 5min lank.
4. Haal dit van die stoof af en klop dit met `n houtlepel tot styf en goed koud word.
5. Smeer koekies en plak op mekaar vas.



SKURWEJANTJIES
375ml suiker
125g botter
30 ml heuning of stroop
500ml hawermout
500ml klapper
250ml koekmeel
1ml sout
1 eier, geklits
10ml koeksoda
Smeer n pan van +- 40x30x2 cm
Smelt saam:
Suiker, botter en heuning of stroop oor lae hitte
Meng saam:
hawermout, klapper, koekmeel en sout
Laat suikermengsel effens afkoel en roer dan eier en koeksoda vining by wanneer die koeksoda begin skuim en meng goed
Druk krummels met n spaan vas in pan
Bak 20 min tot goudbruin en sny dadelik in blokkies
Laat blokkies in pan afkoel
SJOKOLADE KOEKIES
ROOM SAAM:
250 g botter
125 ml strooisuiker
SIF SAAM:
500ml bruismeel
4ml sout
90ml kakao
Meng dit by botter mengsel
Rol balletjies en druk plat met n vurk
Bak 8-10 min by 180 grade
KOOKMELKKOEKIES
6x250ml koekmeel
2ml sout
500g botter
500ml suiker
125ml melk
10ml koeksoda
MENG:
Koekmeel en sout en vryf botter in
VERHIT:
suiker, melk en koeksoda oor matige hitte tot kookpunt
Gooi warm kookmengsel oor die meelmengsel en meng goed
Verkoel in houer met deksel oornag
rol balletjies , druk plat en bak 10-12 min
SUURLEMOENVINGERS
KORS
500 ml koekmeel
125ml versiersuiker
1ml sout
300ml botter
Sif saam en vryf botter in
druk vas op bakplaat 32x23x2
Bak 20-25 mintot gaar en ligbruin
Ek het die kors 2x aangemaak...bolaag is genoeg vir 2 of jy kan BOLAAG helfte van resep aanmaak
BOLAAG
4 ekstra groot eiers
375ml suiker
100ml suurlemoensap
12,5ml gerasperde suurlemoenskil
3ml ruim bakpoeier
'Versiersuiker on bo-oor te sif
Klits eiers tot skuimerig
Voeg die suiker by
Voeg res van bestanddele by en klits goed
Giet oor gebakte kors en bak nog 25 min tot gaar en gestol
Laat effens afkoel en sif versiersuiker oor en sny in vingers
SOETKOEKIES:
9 kop koekmeel.
4 kop Suiker.
500g stork.
4 eiers, geklits. 5ml sout.
10ml koeksoda (hoogvol).
10 ml kremetart (hoogvol) los dit op in bietjie melk.
15 ml fyn gemmer of 1 en n halwe kop klapper.
METODE :
Meng suiker en Stork goed tot romerig.
Voeg eiers by, meng goed.
Voeg koeksoda en kremetart by.
Voeg gesifte droe best by.
Meng goed.
Rol uit.
Druk af.
Smeer met geklitste eier.
Bak 12 tot 15 min by 180 grade
ROMANY CREAMS
ROOM: 500 g botter, 2 k strooisuiker
SIF SAAM: 4 k meel, sout, 2 t bakpoeier
voeg 3 k klapper by
ROER: 3/4 k Kookmelk en 4 e cocoa
Rol okkerneut groote en druk plat met n vurk
bak 15 min by 180 grade
VULSEL
Kook saam:
1 k suiker
half k melk
125 g botter
mespunt kremetart
roer bak sjokolade by
laat afkoel en smeer op romany cream en plak een bo-op
Minette se gemmerkoekies
185g margarine
250ml stroop
700g koekmeel
20ml koeksoda
20ml kremetart
60ml gemmer
550g bruinsuiker
5ml sout
3 eiers
Smelt botter en stroop in groot kastrol en laat afkoel.
Voeg nou die eiers een vir een by die stroopmengsel.
Gooi nou die bruinsuiker bo-oor en meng net tot die mengsel nat is.
Sif droё bestandele en voeg by die die stroopmengsel en meng.
Laat staan vir 2 ure, maak balletjies en bak 10 – 12 min by 180°C.
Die resep lewer omtrent 13 dosyn.
voeg maar ń bietjie ekstra gemmer by, net vir liefde.
Die is ’n regte outydse harde gemmerkoekie wat lekkerder word soos dit ouer word.