Thursday, 29 September 2016

SAVOURY CUPCAKES




SAVOURY CUPCAKES
BASIESE RESEP:
1 1/2 koppies bruismeel
1/2 teelepel sout
2 eiers effe geklits...
80 ml olyfolie / canola

1 koppie melk
Voorverhit die oond tot 180c
Voer n muffinpan uit met cupcake papiertjies.
Sif die bruismeel .In n beker meng die eiers,olie en melk en sout.
Maak n holte in die meel en gooi die eiermengsel daarin . Meng tot net gemeng.
Nou kan jy byvoeg wat jy wil. Ek het kaas en n blikkie salmon bygevoeg. Ook n bietjie pietersielie.
Skep in die cupcake papierjies en bak vir 30 minute of tot gaar .
Haal uit en laat afkoel tot kamertemperatuur.
ROOMKAAS VERSIERSEL:
250 g blok roomkaas
2 eetlepels melk.
Klits goed
VOEG ENIGE VAN DIE VOLGENDE BY:
fyn gekapte rooi ui, fyngekapte chives, dill.
Versier die cupcakes hiermee.
VARIASIES:
VOEG BY DIE CUPCAKE DEEG:
Feta,spinasie en fyngekapte olywe
Smoked Salmon, fyngekapte capers en dill

No comments:

Post a Comment