Thursday 29 September 2016

Glutenvrye muffins





Glutenvrye muffins
Maak 6-8
Vir ’n eiervrye muffin, vervang die eier deur 50 ml appelpuree.
...
Bestanddele
350 ml (1 1/3 k + 1 e + 1 t) basiese glutenvrye bruismeelmengsel
10 ml (2 t) fyn kaneel
3 ml (½ t) koeksoda
125 ml (½ k) hawermout
180 ml (¾ k) sagte bruinsuiker
1 eier, liggies geklop
155 ml (½ k + 2 e) karringmelk
5 ml (1 t) vanieljegeursel
90 ml (¼ k + 2 e) olyfolie
375 ml (1½ k) pruimedante, pitte verwyder en gekap
100 g (1 pakkie) amandels
Voorverhit die oond tot 180C. Voer ’n groot muffinpan met muffinpapiertjies uit.
1 Sif die meel, kaneel en koeksoda saam in ’n groot mengbak. Meng die hawermout en suiker deur.
2 Meng die eier, karringmelk, vanielje en olie. Meng by die meelmengsel en vou die pruimedante en amandels deur.
3 Skep in die muffinpannetjie tot drie kwart vol. Bak vir 20-25 min. tot goudbruin.