Friday, 2 September 2016

Petro van Genderen se Aspersie tert




Petro van Genderen  se Aspersie tert -
Ek maak n witsous
50 g botter

80 ml koekmeel
1 1/2 koppies melk
5 ml mostard poeier

sout en pepper na smaak
2 eiers geklits
2 eetlepels mayonnaise
2 hande vol , gerasperde cheddar kaas
1 blik of botteltjie aspersie stukke of spears
Smelt botter dan roer ek meel by roer melk by en roer tot glad en dik witsous ... roer sout en pepper by en mostard poeier . Dan laat ek dit net so rukkie afkoel . dan roer ek eiers , mayonnaise , aspersie stukke by ( ek het myne bo-op gesit maar jy kan dit in roer ook ) en kaas by skep in gesmeerde oondvaste bak ... bak in n voorverhitte oond by 180 C vir 25 na 30 minute tot mooi bruin !

No comments:

Post a Comment