Friday 2 September 2016

Eier en roosterbrood




Eier en roosterbrood – met ’n tikkie ekstra liefde
genoeg vir 4
4 snye brood
20 ml olyfolie
4 eiers...
sout en peper

Neem ’n hartjie-koekiedrukker en sny ’n hartjie in die middel van die brood uit. Verhit ’n pan met olyfolie. Plaas roosterbrood in die pan en verbruin effens aan een kant. Draai brood om en breek nou ’n eier in elke hartjie. Braai eier na wense. Sit dadelik voor met gebraaide tamatie (opsioneel).