Wednesday, 28 September 2016

OUTYDSE WILLIAMBURG LEMOENKOEK



OUTYDSE WILLIAMBURG LEMOENKOEK
125g botter
250ml suiker
4 eierwit ongeklits
10ml rasper lemoenskil...
5ml vanilla
250ml sultanas
125ml gekap okkerneute
500ml koekmeel
5ml koeksoda
2ml sout
250ml melk
METODE:
Verhit oond 170.
Room botter en suiker.
Meng eierwit, skil, vanilla, sultanas en neute en voeg by.
Sif meel, koeksoda en sout. Voeg om beurt met melk by bottermengsel.
Gooi in vierkantige pan 23cm wat met meel bestrooi is.
Bak 40min tot gaar.

No comments:

Post a Comment