Thursday 29 September 2016

MERINGUE BROOD/KOEK




MERINGUE BROOD/KOEK
130g botter
3 eiers(geskei)
1 koppie koekmeel
2teelepels bakpoeier ...
1/2 koppie melk
100g okkerneute gekap
100ml strooisuiker
METODE:
1. Voorverhit die oond tot 180C en smeer broodpan van 22cm en bestrooi met fyn droe broodkrummels of meel.
2. Room die botter en suiker tot lig en romerig. Voeg die eiergele een vir een by en meng goed.
3 Sif die koekmeel en bakpoeier saam en meng by die botter mengsel. Vou die melk in.
4. Skep in voorbereide broodpan en strooi die gekapte neute oor beslag.
5. Klits die eierwitte en voeg strooisuiker geleidelik by. Klits tot 'n stywe meringue gevorm is.
6. Bedek die beslag met die meringue en bak 50 minute.
Bedek die meringue met 'n vel tinfoelie as dit te donker begin bak!
WENK: EK HET SOMMER DONKER NATTERIGE SUIKER SAAM MET DIE NEUTE BYGEVOEG - DIT HET DIE KOEK LEKKER VOGTIG EN SOET GEMAAK!