Monday 26 September 2016

KoffiePoeding




KoffiePoeding
Genoeg vir 6 mense

Bereidingstyd: 20-25 minute
Baktyd: 30-35 minute ...

KOEK:
olie vir smeer
30 ml (2 e) botter
60 ml (¼ k) melk
15 ml (1 e) kitskoffiekorrels
60 ml (¼ k) water
5 ml (1 t) vanieljegeursel
375 ml (1½ k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
1 ml (¼ t) sout
4 eiers
250 ml (1 k) suiker

STROOP:
375 ml (1½ k) suiker
560 ml (2¼ k) water
45 ml (3 e) kitskoffiekorrels
30 ml (2 e) brandewyn (opsioneel)
5 ml (1 t) vanieljegeursel

BOLAAG:
1 blik (360 g) karamelkondensmelk
250 ml (1 k) vars room
50 g sjokolade, gerasper

Koek:
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n vierkantige, oondvaste bak (20 cm) met olie.

1. Verhit die botter, melk, koffiekorrels, water en vanieljegeursel in ’n klein kastrol tot die botter gesmelt het.
2. Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
3. Klop die eiers en suiker 1 minuut met ’n elektriese klitser op hoë spoed.
4. Meng die eiermengsel met die meelmengsel.
5. Voeg die bottermengsel by en meng goed.
6. Gooi die beslag in die voorbereide bak en bak 30-35 minute of tot jy ’n toetspen insteek en dit skoon uitkom.

Stroop:
1. Verhit al die bestanddele 5 minute in ’n middelslag-pot oor lae hitte.
2. Gooi die stroop oor die koek wanneer dit uit die oond kom en laat afkoel.

Bolaag:
1. Klits die kondensmelk tot glad en smeer oor die koek.
2. Klits die room tot sagte hopies vorm en smeer oor die karamel.

**Strooi die gerasperde sjokolade bo-oor en sit voor