Friday 16 September 2016

Klits-&-dis-klaar-kolwyntjies



Klits-&-dis-klaar-kolwyntjies
Lewer 15 kolwyntjies
Metode
125 g (125 ml) sagte botter
150 g (180 ml) suiker
210 g (375 ml) koekmeel
10 ml bakpoeier
knippie sout
2 ekstra-groot eiers
125 ml melk
5 ml vanieljegeursel
Voorverhit oond tot 180 °C. Plaas 15 kolwyntjiepapiertjies in ’n muffinpanne.
Klits die botter en suiker in ’n mengbak saam tot net gemeng.
Voeg die res van die bestanddele by en klits deeglik met ’n elektriese handklitser vir ’n paar minute of net tot ’n gladde beslag vorm.
Skep beslag in die papiertjies.
Bak 25 minute of net tot ’n toetspen skoon uitkom en die kolwyntjies goudbruin is.
Laat ’n minuut of twee in die pan afkoel en laat op ’n afkoelrakkie afkoel.
Versier soos verkies. (Sien wenke vir versiersel.)
Wenke:
Dié maklike koekbeslag kan vir ’n kinderpartytjie gebruik word. Die beslag kan maklik verdubbel of verdriedubbel word, indien ’n spesifieke vormpan gevul moet word. Smeer ’n 20 cm-koekpan (1 x beslag) of vormpan van jou keuse en bak 40 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
Versiersuiker: Sif 500 ml versiersuiker en klits 20-30 ml sagte botter deeglik in. Voeg kookwater druppelgewys by en klits tot die versiersuiker net sag genoeg is om te smeer. Voeg kleurselpoeier of –vloeistof na smaak by.