Friday 16 September 2016

Gebakte Biltong kaaskoek



Gebakte Biltong kaaskoek
Kors
250 mℓ (1 k) Cheddar kaas gerasper
250 mℓ (1 k) koue gerasperde botter of bak margarien
250 mℓ )1 k) koekmeel

Plaas al die bestanddele in voedselverwerker en meng tot krummelrig.

Druk in gesmeerde tert bak van ongeveer 24cm deursnit.

Die kors word nie vooraf gebak nie. Die vulsel kom direk in die kors.

Vulsel
350 g roomkaas (NIE maaskaas)
5 groot eiers
250 ml (1 k) room
40 g bokmelk kaas (of blue cheese)
500 mℓ (2 k) gekerfde biltong
5 mℓ (1 t) gerookte paprika
Sout en peper na smaak
10 mℓ (2 t) dill tippies
5 mℓ (1 t) vars fyn knoffel

Voorverhit oond na 180 .

Room die maaskaas, room, eier en bokmelk kaas saam. Voeg die geur en smaak middels by en vou die biltong laaste in.

Skep vulsel in tertdop. Plaas ‘’n oondpan met kook water in oond en plaas die tertbak in die water. Bak vir 45 minute. Bedien koud of warm met ‘’n slaaitjie.

Bron: Annelien Pienaar