Monday 26 September 2016

Frikkadelle met mieliepit-salsa




Frikkadelle met mieliepit-salsa
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 25 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
...
Bestanddele:
• 1 dik sny witbrood
• 500 g maalvleis
• 1 ui, baie fyn gesny
• 1 groen appel, geskil en gerasper
• 30 ml blatjang
• 25 ml platblaarpietersielie
• 1 eier
• meel
• olie vir vlakbraai
• mieliepap vir voorsit
MIELIEPIT-SALSA
• 200 g kersietamaties, in kwarte gesny
• 2 gaar mielies, pitte afgesny
• ’n rooi brandrissie, ontpit en fyngekap
• vars basilieblare
1. Krummel die witbrood en meng dit met die maalvleis, ui, appel, blatjang, pietersielie en eier; geur dit na smaak met sout en peper. Vorm klein frikkadelle, rol dit in meel en sit dit in die yskas vir minstens 15 minute.
2. Maak die salsa Meng al die bestanddele saam en geur dit met sout en peper.
3. Verhit olie in ’n braaipan en braai die frikkadelle in sarsies tot goudbruin en deurgaar. Sit dit voor met die salsa en pap.
Wenk: Roer ’n lepel suurroom, tiemie, sout en peper by die pap.