Monday 26 September 2016

Die beste sjokoladekoek in die wêreld




Die beste sjokoladekoek in die wêreld
Maak: 1 x 23 cm-koek
Bereidingstyd: 20 minute
Baktyd: 1 uur
•250ml kookwater...
•180ml kakao, gesif
•125ml melk

•5ml vanieljegeursel
•500ml (280g) koekmeel
•7ml koeksoda
•2,5ml sout
•250ml (250g) botter, teen kamertemperatuur
•315ml (250g) sagte bruinsuiker
•180ml (150g) suiker
•4 eiers
SJOKOLADE-SUURROOMVERSIERSEL
•300g sjokolade van goeie gehalte, in blokkies gebreek
•250ml suurroom
•5ml vanieljegeursel
1. Voorverhit die oond. Klits die kookwater en gesifte kakao tot glad. Klits die melk en vanieljegeursel by. Sif die koekmeel, koeksoda en sout in ’n ander mengbak.
2. Klits die botter, bruinsuiker en suiker tot donsig en lig van kleur. Gooi die eiers een-een by en klits deeglik ná elke byvoeging. Gooi die kakao en meel om die beurt by en klits ná elke byvoeging. Begin en eindig met meel. Moenie bekommerd wees as dit lyk of die beslag skif nie.
3. Skep die beslag in ’n gesmeerde koekpan en bak dit vir sowat 1 uur totdat dit gaar en uitgerys is. Laat die koek in die pan afkoel.
4. Maak die versiersel: Smelt die sjokolade en suurroom saam oor matige hitte en roer die vanieljegeursel by. Laat dit effens afkoel voordat jy die koek versier.
5. Om saam te stel: Smeer ’n dik laag versiersel oor die koek en sit dit voor.