Friday 5 August 2016

SPOOKASEM JELLIE




SPOOKASEM JELLIE
1 pakkie jellie van jou keuse opgelos in 200ml kookwater.
1 hoogvol koppie ysblokkies
Klits nou met jou elektriese klitser totdat die hele bak vol skuim is.
Plaas vir 10 minute in die vrieskas, haal uit en los vir 30 minute in die yskas.
Geniet nou jou spook-asem ~ dis heerlik!
Ek persoonlik Los jellie wat opgelos is in kookwater eers dat dit bietjie afkoel en voeg dan die ysblokkies by en begin met die klitsproses tot al die ys opgelos is en een groot skuim bak is