Friday 5 August 2016

Millionaires Shortbread




Petro van Genderen
 
Nou gemaak ... Sjokolade karamelstafies ... resep Sarie staatmaker eie foto .... Hierdie ook bekend as Millionaires Shortbread !!!

BASIS :
160 g sagte botter
150 ml strooisuiker...
375 ml koekmeel blom , gesif
25 ml melk
5 ml vanielje

VULSEL:
125 g botter
150 ml sagte bruinsuiker
397 g ( 1 blikkie ) kondensmelk

BOLAAG:
300 g donker sjokolade

Voorverhit oond tot 180 C . Voer bodem van n vierkantige 20 cm koekpan met bakpapier uit en spuit rand van pan liggies met kleefwerende middel .
Basis:
Klits botter en strooisuiker saam tot lig van kleur en romerig .
Klits melk en vanielje by en laastens die meel .
Druk degie in bereide pan en bak vir sowat 20-25 minute en tot goudbruin bo-op en laat afkoel .
Vulsel :
Plaas al die bestanddele in n middelslag kastrol en roer oor matige temperatuur om al die suiker op te los . Bring tot kookpunt en prut vir 5 minute sonder n deksel terwyl af en toe geroer word en totdat mengsel verdik en n karamelkleur verkry .
Giet warm karamel oor afgekoelde kors en laat afkoel .
Bolaag:
Smelt sjokolade en smeer bo-oor karamel . Laat eenkant om heeltemal te stol en sny daarna in stafies .