Thursday 4 August 2016

Ontbyt-jaffel




Ontbyt-jaffel
genoeg vir 2 jaffels
• 4 groot snye witbrood
• 30 ml sagte botter...
• 60 g sterk cheddarkaas, gerasper
• 6 repies brosgebraaide spek

• 2 saggebakte eiers
Smeer een kant van die sny brood met botter. Plaas dit in ’n jaffelpan met die gesmeerde kant na onder. Plaas helfte van die kaas, 3 repies spek en 1 gebakte eier bo-op brood. Plaas tweede sny brood bo-op met botterkant na buite. Maak pan toe en sny brood wat oorhang netjies af. Braai oor lae hitte vir sowat 2-3 minute per kant of tot goudbruin.
Haal uit pan en herhaal met res van brood en vulsel.