Thursday 11 August 2016

Magda se Kaapse bredie




Magda se Kaapse bredie

Bestanddele

1 kg bees- of varkvleis, in blokkies gesny
1 ui, gekap
olie
1 eetlepel botter
2 eetlepels meelblom
½ koppie asyn
1 koppie rooiwyn
1 eetlepel koljander
1 stokkie pypkaneel
1 eetlepel bruinsuiker
5 naeltjies
sout en peper
Metode
Braai die vleis en uie in olie tot bruin, en hou eenkant.
Plaas die res van die bestanddele 'n kastrol en laat dit stadig prut.
Voeg die vleis by en laat dit vir 'n uur prut tot die vleis sag is.