Thursday 11 August 2016

Leon se vaalkos (Arm man se resep)




Leon se vaalkos (Arm man se resep)

Bestanddele

1 koppie rys, afgespoel
6 aartappels, geskil en in kwarte gesny
1 groot ui, opgekap
1 pak boerewors, in stukke gesny
4 naeltjies
sout en peper
Metode
Voeg die rys in 'n pot en bedek met water. (Die water moet die rys net-net bedek)
Kook vir 20 min tot die rys halfgaar is.
Voeg die uie by en kook tot gaar met deksel op.
Voeg die aartappels, naeltjies en sout en peper by.
Sodra die aartappels amper gaar is voeg die wors by.
Prut vir 20 minute.