Thursday 4 August 2016

Macaroni en Kaas (Slowcooker)



Macaroni en Kaas (Slowcooker)
Resep
500ml (2k) Makaroni of pasta vompies van jou keuse
4e Botter of Olyfolie
3 Eiers, geklits
125ml ( ½ k)Suur room of gewone yoghurt
2k Cheddar kaas, gerasper
75g (½k) Koekmeel 
500ml Water
Sout en Peper na smaak

Metode:
1. Kook die pasta in water vir 6 minute met ‘n bietjie olie. Spoel en dreineer. Ek doen dit so omdat dit verhoed dat die pasta aan die einde van die kook proses in die hutspot, nie een soliede massa vorm nie.

2. Plaas die pasta onder in die hutspot. Meng die botter, geurmiddels, meel deur die warm pasta. 

3. Meng die water, eiers en suurroom saam en giet oor die pasta. Sprinkel die kaas bo-oor en maak toe. Maak gaar op high vir 3 ure.