Friday 12 August 2016

'Gestampte’ aartappels




BRAAI-IDEE: Het jy al ‘gestampte’ aartappels probeer? Bak ’n paar baba- of middelslag-aartappels vir omtrent 40 minute in die oond. Haal dit uit die oond en druk dit met die agterkant van ’n lepel plat. Drup olyfolie oor, geur dit met seesout en bak dit vir nog 10-15 minute – dit smaak vorentoe saam met gebraaide vis of ’n sappige steak.

(Idees Tydskrif)