Wednesday 17 August 2016

Gebakte aartappels met spek-konfyt




Gebakte aartappels met spek-konfyt
Dis wat jy vir die aartappels gaan nodig kry:
6 groot aartappels, skoongeskrop
sout en peper na smaak
’n stukkie botter
...
Bak die aartappels 45 min. (of tot sag) teen 180 °C. Sny ’n kruis met ’n skerp mes en verwyder die vlees versigtig met ’n lepel. Maak dit fyn, voeg die botter by en geur met die sout en peper. Skep die vlees weer in die skille. Bedek met foelie en bak nog 10 min. Sit voor saam met die spek-konfyt.
Dis wat jy vir die spek-konfyt gaan nodig kry:
375 g (1½ pakkie) spek
2 groot uie
15 ml (1 e) visolie
3 knoffelhuisies, in dun skyfies gesny
1 ml (¼ t) (vir matig) of 3 ml (½ t) (vir sterk) rissievlokkies
1 ml (¼ t) gemmerpoeier
250 ml (1 k) sterk koffie
125 ml (½ k) balsemieke asyn
knippie suiker
60 ml (¼ k) gouestroop
60 ml (¼ k) bruinsuiker
Sny die spek in ½ cm-stukke. Bak twee-derdes van die spek, verwyder met ’n gaatjieslepel en hou eenkant. Voeg die olie by die spekvet en karamelliseer die uie. Voeg die knoffel, rissievlokkies en gemmer, en roer tot die geure ontwikkel. Voeg die res van die bestanddele by, insluitend die gaar spek. Laat prut tot stroperig, sowat 10 min. Bak die ander derde van die spek in ’n aparte pan tot bros. Geur die konfyt met peper en sprinkel die bros spekstukkies bo-oor.