Wednesday 17 August 2016

Aartappel Gereg



Aartappels bly ’n gunsteling bykos by baie etes.
8 groot aartappels
6 spekrepe
250 g sampioene, gekap...
15 ml pietersielie
200 ml ongegeurde jogurt (greek)

30 ml margarien/botter
3 eiergele
sout en peper na smaak
1 koppie gerasperde kaas
Metode:
Kook aartappels. Braai spekvleis, skep uit en braai sampioene tot gaar. Meng met pietersielie en spekvleis. Skil aartappels, druk fyn en meng met botter, eiergele, ongegeurde jogurt, sout en peper. Skep helfte van die mengsel in ’n gesmeerde oondbak. Skep die spekvulsel in en die res van die aartappels bo-op en strooi gerasperde kaas oor. Bak teen 220 °C vir 20 minute.