Thursday 11 August 2016

FRAMBOOS YSKASTERT MET GRENADILLA




FRAMBOOS YSKASTERT MET GRENADILLA

Kors
250g Marie beskuitjies
125g botter, gesmelt...
Koek:
2 houertjies roomkaas, teen kamertemperatuur
½ koppie strooisuiker
300ml room (effe styfgeklop)
1 eetlepel suurlemoensap
300g bevrore frambose (raspberries of blueberries) Ek glo die varses sal ook werk
3 teelepels gelatien poeier
¼ koppie kookwater
Grenadilla mengsel bo-op:
2 grenadillas, gehalveer (of 1 v/d in die blikkies werk ook)
¼ koppie strooisuiker
1 eetlepel mielieblom
¼ koppie water
20cm ronde losboompan. Liggies spuit die basis en kante van die pan met olie dan lyn met bakpapier.
Indien verkies kan jy dit in ‘n plat bak maak en nie ‘n ronde losboompan gebruik nie.
Maak koekies fyn en voeg die gesmelte botter by tot gemeng. Druk die koekie mengsel in jou pan.
Bedek met kleefplastiek en plaas in die yskas vir 30 minute.
Gebruik 'n elektriese menger. Klop die roomkaas en suiker in 'n medium bak tot glad. Voeg die room by en klits tot goed gemeng.
Los die gelatien op in die kookwater – laat staan 10 minute om af te koel
Voeg die gelatienmengsel en suurlemoensap by die roomkaas mengsel. Klits tot goed gemeng. Vou die helfte van die bevrore frambose by. Gooi in die voorbereide pan met kors en maak die oppervlak glad.
Bedek en plaas in die yskas vir 4 ure of oornag
Verwyder koek uit yskas. Ontdooi die res van frambose en in ‘n voedselverwerker meng tot glad. Druk deur 'n fyn sif indien verkies.
Gooi mengsel 'n klein kastrol.
Roer die grenadilla pulp en strooisuiker by.
Meng die mielieblom en water in 'n klein bakkie. Voeg by die pulp. Roer oor medium hitte vir 2-3 minute of tot dik is. Haal van stoof af en laat afkoel tot kamertemperatuur. Gooi oor koek en versprei eweredig oor die top van die kaaskoek.
Plaas in die yskas vir 1-2 ure tot gestol.