Thursday 21 July 2016

Wildsvleispotjie




Wildsvleispotjie
Vir 6 | Voorbereityd 30 minute
1 kg wildsvleis, in blokkies van 4 cm gesny
½ koppie koekmeel
olyfolie vir braai
1 heel knoffelbol
400 g salotte of klein uitjies, geskil
4 eetlepels bruinsuiker
1 koppie donker bier soos Darling Brewery se Black Mist
1 blik (410 g) kersietamaties
2 eetlepels Worcestershiresous
2 eetlepels sojasous
4 takkies tiemie
40 g droë sampioene, fyn gekap
½ koppie beesvleisaftreksel
1. Rol die vleisstukke in die meel en braai dit vinnig in sarsies (sodat dit nie stoom en vog trek nie) in warm olyfolie tot goudbruin. Gebruik ’n wye pan of ’n platboom-swartpot. Skep die vleis uit en hou dit eenkant. Braai die heel uie en heel knoffelhuisies met die suiker in dieselfde pot in nog ’n bietjie olie tot die uie plek plek ’n donker karamel kleur begin kry.
2. Krap die uie in ’n prutpot (slowcooker) en voeg die vleis, bier, gedreineerde tamaties, worcester- en sojasous, tiemie, sampioene en aftreksel daarby. Of voeg alles terug in die potjie en bedek met foelie en ’n deksel.
3. In ’n prutpot kook op laag vir 8 ure of hoog vir 4 ure. Oor louwarm kole prut stadig vir 90 minute. In die oond bak teen 150°C vir 90 minute of vir 7 ure teen 100°C.
4. Bedien dadelik met rys