Thursday 21 July 2016

Gekaramelliseerde sitrus-en-vanielje-ryspoeding




Gekaramelliseerde sitrus-en-vanielje-ryspoeding

Genoeg vir: 6
Bereidingstyd: 5 minute
Gaarmaaktyd: 30-35 minute

45 ml botter
125 ml (100 g) suiker
125 ml arboriorys (risottorys)
625 ml melk
250 ml room
1 vanieljepeul, in die lengte oopgesny en die saadjies uitgeskraap gerasperde skil van ’n lemoen
5 kardemomsade
1. Gooi die botter en suiker in ’n kastrol, verhit dit oor lae hitte totdat die suiker gesmelt het en hou aan roer totdat dit ’n ligte karamelkleur kry.
2. Roer die rys by tot dit oraloor met botter en suiker bedek is. Gooi die melk, room, vanielje- saadjies, lemoenskil en kardemomsade by en roer totdat dit begin kook. Verlaag die hitte en prut die mengsel vir sowat 30 minute of tot die rys gaar is. Roer dit van tyd tot tyd deur. Dis reg as die rys gaar en die poeding nog souserig is. Garneer met vars gerasperde lemoenskil en sit dit onmiddellik voor.

(Tuis)