Wednesday 13 July 2016

WASGOEDBONDELTJIES




WASGOEDBONDELTJIES
Vulsel :
10 ml botter of kookolie
2 uie , opgekap
2 knoffelhuisies , gekap...
750 ml gemaalde vark - of beesvleis
2-3 aartappels , in blokkies gesny
1/2 t fyn gemmer
n knippie fyn koljander
2 tamaties , geskil en gekap
2 t sout
n knippie peper
2 eetlepels asyn
1/2 koppie vleisaftreksel
Broskorsdeeg :
2 koppies koekmeel
1/2 teelepel sout
2 teelepels bakpoeier
1/2 koppie botter
yswater
peuselstokkies en kruienaeltjies om die deegvierkant vas te steek
braaivet of olie
Vulsel :
Verhit botter of kookolie in n kastrol en soteer die uie en knoffel . Voeg die vleis by en braai liggies bruin . Voeg aartappels , speserye , tamaties , sout , peper , asyn en vleisaftreksel by die mengsel . Sit deksel op en prut vir 45 minute totdat dit sag is . Laat afkoel voor gebruik .
Broskorsdeeg :
Sif die meel , sout en bakpoeier saam in n mengbak . Vryf die botter liggies in . Voeg die water by soos benodig en meng tot n maklike hanteerbare deeg . Rol die deeg uit en sny dit in vierkante van 75 mm x 75 mm . Skep n bietjie van die vulsel in die middel van die deegvierkant .Vou die punte na binne en steek dit met n stokkie en n kruienaeltjie vas . Braai goudbruin in die diep vet of olie . Dreineer op n papierhanddoek en sit dit koud of warm voor .