Tuesday 26 July 2016

Super-vinnige skons



Super-vinnige skons
Dit is nie die stewige skons wat ons gewoonlik by koffiewinkels kry nie, maar 'n lekker ligte skon. Geen uitrol of uitdruk nie, jy gooi die beslag sommer in 'n gesmeerde muffinpan.
...
BESTANDDELE
2 koppies meel
4 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
¼ koppie kookolie
1 eier, geklits
1½ koppie melk en water, gemeng (ek gebruik 1 koppie melk en ½ koppie water)
METODE
Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Gooi die kookolie, eier en melk-en-watermengsel by. Roer tot daar geen klonte is nie en gooi in die gesmeerde muffinpan. Bak vir 15 tot 20 minute teen 180°C. Laat effens in pan afkoel voor jy dit uithaal en bedien.