Tuesday 26 July 2016

Ontbytgebak met frikkadelle




Ontbytgebak met frikkadelle
Genoeg vir 4
Vir die frikkadelle:
500 g maer maalvleis
½ wit-ui, fyngekap
15 ml olyfolie
20 g vars pietersielie, fyngekap
15 ml heelgraanmosterd
skil en sap van 1 suurlemoen
2 ml rooipeper
sout en peper
1 eier
Vir die res:
15 ml olyfolie
½ wit-ui, fyngekap
1 blik tamaties
10 ml gemengde kruie
sout en swartpeper na smaak
125 ml vars room
8 eiers
20 g vars basiliekruid, fyngekap
30 g vars roketblare, vir opdiening (opsioneel)
warm ciabatta en botter, vir opdiening (opsioneel)
METODE:
1. Stel die oond op 200 °C. Soteer die halwe gekapte ui in 15 ml olyfolie tot sag. Voeg die blik tamaties by en geur met gemengde kruie, sout en swartpeper en laat vir 30 minute oor lae hitte kook.
2. Meng die maalvleis, uie, olyfolie, pietersielie, mosterd, suurlemoensap en ‑skil, rooipeper en ’n bietjie sout en peper in ’n mengbak en roer deeglik. Voeg die eier by en meng goed.
3. Vorm die mengsel in klein frikkadelle en plaas in ’n oondbak. Bak 15 minute.
4. Skep die gaar tamatiemengsel in ’n oondbak en versprei eweredig oor die bodem. Plaas die frikkadelle bo-op. Giet die room versigtig oor en sprinkel die gekapte basiliekruid bo-oor. Breek die 8 eiers ook in die bak oop en rond af met sout en peper na smaak. Bak by 200 °C vir ongeveer 20 tot 30 minute, na gelang van hoe gaar jy die eiers verkies.
5. Plaas vars roketblare bo-op en sit voor saam met bros ciabatta of roosterbrood.