Wednesday 13 July 2016

Sponskoek




Sponskoek
Lewer 1 koek
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 30 min.
...
6 eiers
250 ml (1 k) strooisuiker
125 g botter, gesmelt
5 ml (1 t) vanieljegeursel
250 ml (1 k) meel
250 ml (1 k) bruismeel
Bolaag
395 g blik kondensmelk
180 ml (¾ k) ingedampte melk
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer die pan en voer uit met bakpapier.
1.Klits die eiers en voeg die suiker geleidelik by tot baie dik. Voeg die gesmelte botter en vanielje by en klits tot net ingemeng. Sif die mele by die eiermengsel in en klits tot net gemeng. Skraap die onderkant van die bak wanneer nodig om seker te maak al die meel word ingemeng.
2.Giet die beslag in die voorbereide pan. Bak 30 min. in die oond of tot die koek ferm is wanneer dit aan die middel aangeraak word en ’n steekpen skoon uitkom wanneer dit in die middel ingedruk word.
3.Bolaag: Meng die kondensmelk en ingedampte melk in ’n bak.
4.Steek gate oral oor die oppervlak van die warm koek en regdeur met ’n steekpen. Giet die melkmengsel egalig en stadig oor en laat die koek dit opsuig. Laat staan teen kamertemperatuur tot afgekoel.