Wednesday 13 July 2016

Glutenvrye Mieliemeel Kaasskons




Glutenvrye Mieliemeel Kaasskons
Die beslag lewer 6 – 8 skons.
Bestanddele
1 ½ koppie growwe mieliemeel...
½ koppie glutenvrye meelmengsel
4 teelepels bakpoeier
ʼn knippie sout
2 eetlepels suiker

¼ koppie olyfolie
1 koppie natuurlike jogurt
1 geklitste eier
5 eetlepels gerasperde pecorinokaas
6 – 8 songedroogde tamaties, in vinaigrette
Botter en salami vir voorsit
Metode
Voorverhit die oond tot 180°C. Sprei 6 – 8 holtes van ʼn muffinpan. Meng dan die growwe mieliemeel, glutenvrye meelmengsel, bakpoeier, sout en suiker saam. Meng die olyfolie, jogurt, geklitste eier en 3 eetlepels pecorinokaas. Meng dit dan liggies by die mieliemeelmengsel in. Gooi die deeg in die muffinpan en plaas ʼn songedroogde tamatie en ʼn bietjie pecorinokaas bo-op elke skon. Bak die skons 20 – 25 minute en sit dit louwarm voor saam met botter en salami.