Monday 11 July 2016

SOUTTERT MET RUSSIESE WORSIES




SOUTTERT MET RUSSIESE WORSIES
bietjie olie
1 ui, gekap...
2,5 ml (½ t) vars knoffel, gekap
2 selderystingels, fyngekap
30 ml (2 e) vars pietersielie, gekap
500 g (1 pakkie) Russiese worsies, in skyfies gesny
4 ekstragroot eiers

1 ml sout
knypie swartpeper
375 ml (1 ½ k) vars witbroodkrummels
375 ml (1 ½ k) volroommelk
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
Stel oond op 180 °C.
1 Verhit olie en soteer ui en knoffel tot sag.
2 Voeg seldery en pietersielie by en soteer nog 2 minute
3 Voeg Russiese worsies by en soteer nog 5 minute. Verwyder van hitte.
4 Klits eiers tot goed gemeng en voeg by uiemengsel.
5 Voeg oorblywende bestanddele ook by en roer tot gemeng.
6 Skep in oondbak met ‘n deursnee van 24 cm wat met kossproei gespuit is.
7 Bak vir 45 minute of tot in middel gestol.