Monday, 11 July 2016

GEBAKTE KARRINGMELKPOEDING




GEBAKTE KARRINGMELKPOEDING
(6-8 porsies)
  • 50 ml botter
  • 280 g suiker
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 4 eiers
  • 240 g meel
  • 10 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 500 ml karringmelk
Verhit oond tot 180 °C. Room botter en suiker goed saam. Voeg vanieljegeursel en eiers by en klits goed.
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Voeg meelmengsel om die beurt saam met karringmelk by die eiermengsel. Klits goed. Gooi mengsel in ’n gesmeerde oondbak van 25 x 30 cm. Plaas in warm oond en bak vir 1 uur. Sit warm voor.


No comments:

Post a Comment