Friday 8 July 2016

Sjokolade-kaaskoek



Sjokolade-kaaskoek
Lewer 1 kaaskoek
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 35 minute
...
KORS
1 pakkie (200 g) Romany
Creams, fyn gemaak
botter
VULSEL
2 bakkies (250 g elk) roomkaas
1 blik (385 g) kondensmelk
1 eier, geklits
5 ml (1 t) vanieljegeursel
250 ml (1 k) sjokoladestukkies
5 ml (1 t) koekmeel
GANACHE
125 ml (½ k) sjokoladestukkies
60 ml (¼ k) botter
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer ’n diep losboomtertpan van 15 cm.
1.KORS Meng die koekiekrummels en botter en druk vas op die boom van die pan.
2.VULSEL Klits die roomkaas, kondensmelk, eier en vanieljegeursel saam.
3.Meng die sjokoladestukkies en meel. Hou eenkant.
4.Giet die vulsel in die kors en bak 15 minute. Sprinkel die sjokolade oor en bak nog 20 minute of tot die middel van die koek liggies terugspring as jy met jou vinger daarop druk. Verwyder uit die oond en verkoel.
5.GANACHE Smelt die sjokolade en botter saam en giet oor die koek. Laat staan tot gestol.