Monday 18 July 2016

Piesangbrood



Piesangbrood
Bestanddele (vir 4 brode)
250ml margarien
2k suiker
8 ryp piesangs
4t bakpoeier
2t vanilla
1½t koeksoda
4 groot eiers
4k koekmeel
1k warm melk
Metode
Klits die margarien en suiker saam.  Wanneer dit goed gemeng is voeg die eiers by.  Meng die koekmeel en bakpoeier saam en voeg dit by die mengsel. Druk die piesangs fyn en voeg dit en die vanilla by die mengsel.  Maak laaste die melk warm en klop die koeksoda daarin.  Gooi dan die koeksodamelk by die ander bestanddele en meng alles goed saam.  Bak dan teen 180°C vir 30 minute.  Geniet die smullekker broodjie