Monday 18 July 2016

Melksnysels



Melksnysels
Bestanddele
3 eiers
250ml koekmeel
Kokende melk, 250ml per persoon
Kaneelsuiker
2 ½ml sout
Water
2 stukke heel kaneel (opsioneel)
Metode
Klits die eiers en sout effens en gooi dan die koekmeel by en meng goed. Voeg dan genoeg water by om ‘n stywe deeg te vorm. Knie die deeg lank en goed tot dit elasties is. Rol die deeg so 6mm dik uit op ‘n oppervlak wat met koekmeel gestrooi is. Sny die deeg met ‘n skerp mes in dun repies. Kook dan die snysels in die melk tot dit gaar is. Voeg die twee stukke heel kaneel by indien jy dit verkies. Skep op in diep borde en strooi kaneelsuiker oor.