Thursday 21 July 2016

Outydse melkversiersel



Outydse melkversiersel
Vir die fyngebak-uitdaging het Mari-Louis Guy ’n romantiese koek ontwerp wat sy ontstaan het in ’n Persiese legende. So eksoties soos die “toot”-suikerlekkers en handgemaakte spookasem (engelhare) was, so eenvoudig was die outydse melkversiersel wat die lemoenkoek bedek het. Mari-Louis deel graag die versiersel-resep uit Ouma se kombuis met Koekedoor-kykers. Ander elemente van die Persiese liefdeskoek verskyn in die Koekedoor 2-bakboek.

 
Bestanddele
 
Instruksies
  1. Klits die meel en melk saam tot glad en plaas in ’n kastrol oor matige hitte.
  2. Kook tot dik. Skep uit in ’n klein mengbak en bedek met kleefplastiek – druk styf teen die “pap”. Laat afkoel tot koud.
  3. In die mengbak van ’n elektriese menger, klits die botter en suiker tot liggeel. Voeg die vanieljegeursel en die melkmengsel by. Klits tot baie glad, ongeveer 5 minute. Geur en kleur. Verkoel vir 15 minute.