Friday 8 July 2016

Nageregkoek



Nageregkoek
Dié klam, ryk sjokoladekoek móét effens platval – die binnekant moet amper soos modder lyk en die kors moet bros wees.
225 g botter
225 g goeie donkersjokolade...
100 g gemaalde amandels

125 ml koekmeel
6 eiers, geskei
60 ml ligte bruinsuiker
180 ml strooisuiker
100 g geroosterde haselneute, gekap (sien wenk)
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n losboomkoekpan van 20 cm met botter. Voer uit met bakpapier en smeer weer. Sit die botter en sjokolade in ‘n bak en smelt tot glad. Laat effens afkoel. Meng die amandels en meel saam in ‘n bak. Klits die eiergele en ligte bruinsuiker goed en lank saam tot lig en donsig. Vou die meel en gemaalde amandels hierby in. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm. Klits die strooisuiker lepelgewys by tot die mengsel dik en blink is en vou die gekapte haselneute daarby in. Vou die meringue by die koekbeslag in. Giet versigtig in die pan en bak vir ongeveer 45-55 minute. Haal uit die oond (die koek sal platval) en sit louwarm of teen kamertemperatuur voor met room of roomys.
Lewer 1 middelslagkoek.
(Landbou)