Wednesday, 20 July 2016

MIN-MOEITE-GEREG




MIN-MOEITE-GEREG

Bestanddele:
500 g maalvleis
1 uitjie gesnipper...
1 blik minestrone-sop of 1 blik room-sampioene sop
25 g margarien (30ml) (6 t)
180 g ongekookte rys
1 koppie gerasperde kaas

Metode:
Stel oond op 180°C en smeer diep oondskottel.
Braai maalvleis in margarien tot gaar en roer gedurig met vurk om klonte te voorkom.
Gooi in skottel, strooi ui bo-oor, dan die rys en laaste die sop.
Vul sopblik met water en gooi bo-oor.
Sit deksel op (of bedek met foil) en bak 1 uur of tot rys alle vloeistof geabsorbeer het.
Strooi kaas oor net voor dit uit die oond kom, laat die kaas smelt.

No comments:

Post a Comment