Wednesday 20 July 2016

Broodstokke



Broodstokke

1 brood, ongesny
500 ml (2 k) meel
375 ml (1½ k) suiker
5 ml (1 t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) kaneel
2,5 ml (½ t) gemmer
500 ml (2 k) karringmelk
2 eiers
5 ml (1 t) vanieljegeursel
olie vir diepbraai
1.    Sny die brood in “stokke”. Meng die droë bestanddele in ’n groot bak. Klits die karringmelk, eiers en vanieljegeursel in ’n ander bak. Giet dit by die droë bestanddele in en roer tot gemeng.
2.    Doop die brood in sarsies in die beslag. Pak dit op ’n draadrak.
3.    Verhit die olie in ’n diep pot. Wanneer warm, voeg die bedekte brood in die olie en braai 3 min. of tot goudbruin.